Welstandgids vir mans: testikel- en prostaatkankers
Prostaatkanker
Die opsporing van prostaatkanker verg mediese ingryping. Hoewel ʼn prostaatspesifieke antigeen- oftewel PSA-bloedtoets op risiko kan dui, is ʼn biopsie die akkuraatste manier om die teenwoordigheid van kankeragtige selle te bevestig. Algemene simptome sluit die volgende in:
· pyn tydens urinering of ejakulering,
· gereelde urinering (veral saans),
· erektiele disfunksie, en
· bloed in urien of semen.
Testikelkanker
Selfondersoeke is uiters belangrik vir vroeë opsporing. Die Amerikaanse Kankervereniging beveel aan dat elke testikel afsonderlik ondersoek word vir knoppe of veranderings in grootte, vorm of tekstuur. Simptome sluit in:
· pynlose knoppe,
· ʼn swaar gevoel in die skrotum, en
· dowwe pyn in die lies of buik.
Risikofaktore
Vir prostaatkanker is ouderdom en familiegeskiedenis beduidende risikofaktore. Vir testikelkanker verhoog kriptorgidisme (onafgesakte testikels) en ouderdom (tussen 20 en 40) die risiko. Testikelkanker kom die meeste voor by mans van ongeveer 33 jaar.
Wenke ter voorkoming
Om die risiko van hierdie kankers te verminder:
· handhaaf ʼn gesonde leefstyl deur ʼn gebalanseerde dieet te volg,
· kry oefening,
· beperk alkoholinname,
· laat vaar die rookgewoonte, en
· gaan gereeld vir roetine-ondersoeke.
Vroeë opsporing red lewens – wees dus proaktief oor jou gesondheid deur gereeld vir siftingsondersoeke te gaan. Om jou te help om die finansiële aspekte te hanteer indien die ondenkbare gebeur, kontak jou finansiële adviseur by Sanlam, wat jou kan help om met sekerheid te lewe.
Sanlam Beperk is die Gelisensieerde Beheermaatskappy van die Sanlam Beperk Versekeringsgroep.