
Swaar reënval vir Noord-Kaap voorspel
Kimberley, Monique Swart
12 February
Geïsoleerde reënval word oor die volgende paar dae in dele van die Noord-Kaap verwag, met swaarder reën wat van Sondag af regoor die provinsie verwag word.
Lungile Makondo van die Suid-Afrikaanse Weerdiens in Bloemfontein berig die week sal baie warm tot skroeiend in die Noord-Kaap wees, met geïsoleerde reënval in sommige gebiede. Verspreide reën word Sondag oor die provinsie verwag.