Article Image

iNews Ermelo, Conrad Bouwer 29 June

Die skryfstukke is deur ’n paneel van gesoute digters, taalkundiges en kunsmense gemerk en punte is toegeken aan die skrywers. Die Top 10 deelnemers is deur die borg van die kompetisie bederf die afgelope naweek. Hulle is in die Maslow Hotel in Menlyn Pretoria ingeboek waar hul bederf is met ’n ete by ’n Italiaanse restaurant, vermaak is deur operasangers en ook gepamperlang is by die Camelot Spa. Saterdag by die Gala-aand het kunstenaars soos Deon Meiring van Glaskas, Kevin Leo, Riku Latti en Churchill Naudé die Top 10 vermaak en het hulle ook die ranglys van die Top 10 aangekondig. Nanette met ’n gemiddeld van 78.96% behaal ’n negende plek uit die 216 deelnemers wat ingeskryf het. Die wenner van die kompetisie kry ’n gemiddeld van 82%. Een van Nanette se skryfstukke “Grondpad ry” gaan ook in ’n bundel opgeneem word.

To read the rest of the article, please open it with the iNews app. You can download the app here:

Privacy Policy | PAIA Manual

Copyright @ 2020 GenLeads