Article Image

iNews Ermelo, iNews 19 July

Foto: Joubertstraat wat oor die Petdam se wal loop. Na die stigting van Ermelo was die hoof-tronkbewaarder wat van die arbeid van gevangenisse gebruik gemaak het, verantwoordelik vir die dorp se strate. Op versoek van die landdros het die regering van die ZAR soms geld vir diƩ doel bewillig. Veel kon egter nie aan die strate gedoen word nie en dit het soos veldpaaie daaruit gesien. Die ysterwiele waarmee alle waens en karre toegerus was, het onder nat omstandighede diep slote in die strate getrap. Die enigste boumateriaal wat volop was, was verweerde en ontbinde doloriet. Dit het goeie glyvrye oppervlakte gevorm maar nie goed gebind nie. In 1919 het die bruggie oor die vlei aan die westekant van die dorp weggespoel. In plaas van om die brug slegs te vervang, is die wal van die Petdam op die plek gebou waar die pad geloop het en is die pad bo-oor die wal gebou, met 'n brug oor die uitloop van die dam. Terwyl die werk aan die wal aan die gang was, moes van 'n drif aan die onderkant van die wal gebruik gemaak word wat dikwels onbegaanbaar was. In 1966 is die pad oor die Petdambrug verdubbel en geteer.

To read the rest of the article, please open it with the iNews app. You can download the app here:

Privacy Policy | PAIA Manual

Copyright @ 2020 GenLeads