Article Image

iNews Ermelo, Conrad Bouwer 20 July

Karmen het verlede jaar in Augustus ’n epoksikursus in die stad bygewoon. Na haar kursus het sy besluit om nie geld in die water te gooi nie. Sy het vyfsentmuntstukke ingesamel om haar nuwe epoksivaardighede te toets. Dit op sigself was ’n enorme taak om die munte in te samel, maar met die hulp van familie, vriende en ABSA-bank het sy daarin geslaag. Sy sê van al die banke is ABSA die enigste bank waar sy nog vyfsente kon bekom. Elke keer as sy moes reis, het sy by elke moontlik ABSA-tak gestop om vyfsente te kry. ‘n Mens sou dink sy swem in al die geld, maar die vyftigduisend munte se somtotaal is maar ’n skamele R2500. Aangesien Karmen se besigheid, Kiette Rekenmeesters, haar tyd gedurende die week in beslag neem, het sy oor naweke die harde werk aangedurf. Sy het op 5 Junie die eerste vyfsent geplak. Na ongeveer 70 uur se rondkruip op haar knieë, het sy die afgelope naweek die laaste vyfsent geplak. Karmen se vloer is vir haar so kosbaar dat die waarde daarvan nie in geld uitgedruk kan word nie. Na harde werk, kan sy daagliks na haar “rykdom” loer. Sy is baie trots op haar “mal projek.” Karmen is nog nie seker watter projek sy volgende gaan aanpak nie.

To read the rest of the article, please open it with the iNews app. You can download the app here:

Privacy Policy | PAIA Manual

Copyright @ 2020 GenLeads