
Babadogtertjie kritiek na sy verstik
Ermelo, Conrad Bouwer
13 September
Isabella se pa, Joshua Stark, sê sy dogtertjie het Maandagoggend net na 8 vm aan fyngemaakte neute gepeusel terwyl sy gespeel het. Isabella het na verneem word geval en verstik aan ’n stukkie neut. Joshua sê Isabella het ongeveer vir 20 minute nie asem gehaal nie en daar was ook nie ’n hartklop by haar gevind nie.
Sy is in die Provinsiale Hospitaal in Ermelo opgeneem waar sy aan ’n ventilator gekoppel is en waar dokters weer haar hart aan die gang kon kry.
Volgens Joshua, is Isabella in ’n kritieke toestand en moet spoedig na ’n staatshospitaal oorgeplaas word wat beskik oor ’n pedriatiese hoësorgeenheid. Op die oomblik blyk dit of hul nêrens by 'n staatshospitaal 'n bed in ‘n pedriatiese hoësorgeenheid vir Isabella kan kry nie. Hulle oorweeg om haar na 'n privaat hospitaal oor te plaas.
Die Stark-gesin beskik nie oor ’n mediese fonds nie. Volgens sosiale media-inskrywings deur familie en vriende moes Joshua ander werk kry as gevolg van moeilike omstandighede wat die gesin ervaar het tydens die Covid-19 pandemie.
Die Stark-gesin en familie het ’n pleidooi gerig aan die gemeenskap van Ermelo om hul te help om hul dogtertjie se lewe te red. Enige iemand wat ’n bydrae kan of wil maak kan Joshua se pa, Athol Stark (082 786 7959) kontak of 'n donasie in die rekening hier onder maak.
Capitec
Mr JL Stark
Savings Account
1503407711
To read the rest of the article, please open it with the iNews app. You can download the app here: