Article Image

iNews Ermelo, Conrad Bouwer 13 September

Tien kleuterskole in Ermelo (Learning Nest Academy, Babalela’s, Wilger Preschool, Rosy se Speelskool, Ermelo Christian Preschool, Metanoia Kleuters, Con Amore, Sonstraaltjies, Wonderwerkies en ARK Christian School) het ongeveer R23,000 ingesamel met die muntlegging wat hulle Vrydag gehou het. Die geld sal Dinsdag met die hulp van Fidelity na ’n bank toe geneem word om in Pas Prokureurs se trustrekening inbetaal te word. Pas Prokureurs het hul trustrekening kostevry beskikbaar gestel vir donasies om die Kerswells te help met die mediese kostes van Daniel se behandeling. Karel Kameelperd Dagsorgsentrum het ook skouer aan die wiel gesit en het Vrydag met jaffelverkope ongeveer R17 000 ingesamel. Hul beoog om eerskomende Vrydag weer jaffels te verkoop om nog fondse in te samel vir Daniel. iNews het Maandag met Daniel se ma, Danelle, gesels en volgens haar is Daniel se toestand stabiel. Daniel het die afgelope Sondag sy tweede verjaarsdag deurgebring in die pediatriese hoësorgeenheid van die Steve Biko hospitaal in Pretoria. Danelle sê die hospitaal het ’n spesiale vergunning gemaak dat sy, Paul en Daniel se boetie, Aydin, hom kon sien op sy verjaarsdag. Weens Covid-19 regulasies laat die hospitaal net een familielid, een keer ’n dag toe om pasiënte te besoek. Danelle sê Daniel het sy een ogie oopgemaak toe hulle hom besoek het en hulle was so dankbaar vir die spesiale vergunning om hom saam as ’n gesin te kon sien. Volgens Danelle is Daniel steeds onder sedasie en aan ’n ventilator gekoppel. Hy het steeds ’n dreineringspyp in sy een long. Dokters gaan na verwagting Maandag probeer om te kyk hoe Daniel reageer as hulle die dreineringspyp verwyder. Sy het bygevoeg dat die dokters probeer om Daniel stelselmatig wakker te maak uit die mediese koma om te kyk hoe hy reageer. Danelle het haar dank uitgespreek aan almal wat die familie ondersteun en bystaan en het gesê dit is moeilik om elkeen persoonlik te bedank, want daar is so baie mense wat hul ondersteun in die moeilike tyd.

To read the rest of the article, please open it with the iNews app. You can download the app here:

Privacy Policy | PAIA Manual

Copyright @ 2020 GenLeads