Article Image

iNews Ermelo, Lian Bell 15 September

Veral jou testament vereis deeglike beplanning en oorweging: 1. Indien julle as ‘n paartjie saam of individueel bates versamel, moet jy seker maak dat jy in jou testament jou wense uitspreek oor hoe en aan wie jou bates toegedeel moet word. 2. Julle moet een of ander vorm van ooreenkoms hê, byvoorbeeld ‘n huishoudelike vennootskap, om jul finansiële sake te reguleer. 3. Stel jou wense en bedoelings met betrekking tot jou bates in soverre dit jou lewensmaat aangaan, op skrif. Sodoende beskerm julle mekaar teen familielede wat ander menings kan hê oor hoe jul bates verdeel moet word. Die Wet op Intestate Erfopvolging is nie op lewensmaats van toepassing nie, maar is outomaties van krag wanneer iemand sterf sonder om ‘n geldige testament na te laat. Ten einde te bepaal wie die bestorwe boedel moet erf, werk die formule vir intestate erfopvolging soos volg: Indien ‘n persoon slegs ‘n getroude gade nalaat, is daardie gade die enigste erfgenaam. • Indien daar geen getroude gade is nie maar wel kinders, erf daardie kinders gelykop. • Indien daar ‘n getroude gade en kinders is, ontvang almal ‘n deel van die bestorwe boedel. • Indien daar net ouers is, erf die ouers en indien daar net broers en susters is, erf hulle die bestorwe boedel. Op grond hiervan sal jy, as jy nie getroud is nie maar in ‘n stabiele monogame verhouding is en jou lewensmaat sterf sonder dat hy/sy op skrif gestel het watter bates hy/sy aan jou wil nalaat, nie van sy/haar boedel kan erf nie. Daar word sterk aanbeveel dat lewensmaats met hul finansiële adviseur gesels om hulle te help om mekaar se bates te beskerm. Dit is ook wenslik dat lewensmaats in sulke verhoudings hul belange beskerm deur ‘n kontrak met mekaar te sluit, byvoorbeeld die beskerming van ‘n eiendomsbelang, of die reg op onderhoud en ondersteuning, afhangende van hul omstandighede. Dit is vanselfsprekend ook noodsaaklik dat lewensmaats ‘n testament opstel indien hulle voornemens is om bates aan hul ongetroude lewensmaat na te laat. Kontak Kosmos BlouSter Finansiële Adviesdienste op 017 811 2155 / 082 871 2648 of besoek hulle by hul nuwe adres Juanricvor Centre, Kerkstraat, Ermelo vir professionele advies. Sanlam is ‘n Gelisensieerde Verskaffer van Finansiële Dienste

To read the rest of the article, please open it with the iNews app. You can download the app here:

Privacy Policy | PAIA Manual

Copyright @ 2020 GenLeads