Little Superman het nou sy engelvlerkies
Ermelo, Conrad Bouwer
16 November
Dit is met groot hartseer dat iNews verneem het van die heengaan van Teagan van Wyk (5) op Dinsdag, 16 November 2021.
Teagan is op die ouderdom van twee jaar (2018) met die rare kinderkanker, neuroblastoom, gediagnoseer. Teagan het verskeie behandelings ontvang en vir ‘n kort oomblik was daar hoop vir die Van Wyk gesin. In 2020 het die kanker egter teruggekeer. Nadat ‘n tweede ronde behandeling onsuksesvol was, het die dokters die Van Wyk gesin die baie slegte nuus meegedeel dat daar niks verder is wat medici vir Teagan kan doen nie.