Article Image

iNews Ermelo, Conrad Bouwer 06 January

“Ons was bevoorreg om 35 suksesvolle en geseënde jare in God se wingerd te arbei. Dit was jare vol vreugde, liewe mense, toegewyde gelowiges, geleenthede, uitdagings, hoogtepunte en kerkwees. Ons het gedeel in reëndae en weendae: alles onder die seënende hand van God en die leiding van die Gees. Ons dank God vir die geleentheid. Ek het hierdie besluit geneem sodat die evangelie steeds verkondig kan word en daar ‘n geloofstuiste vir lidmate kan wees in ‘n aangepaste bediening. Die Koninkryk van God kom eerste,” het ds. Bezuidenhout aan iNews gesê.


As emeritus kan ds. Bezuidenhout steeds voortgaan met predikantswerk. As ‘n geregistreerde spesialis pastorale terapeut is hy sinodaal steeds betrokke by die Welstandkomitee wat predikante in vasgeloopte of moeilike situasies bystaan. Hy is ook betrokke by ‘n ondersteuningsgroep wat as mentor optree vir ander predikante.


Die Bezuidenhouts spreek hul dank uit teenoor die gemeentelede en die gemeenskap van Ermelo vir tien goeie jare. Hulle verruil die koel Hoëveld van Mpumalanga vir die hittige Noordwes.


“Ons sê dankie. Dankie aan elkeen wat bewustelik of dikwels onbewustelik bygedra het sodat ons kosbare herinneringe met ons kan saamneem. Ons bid elkeen in die gemeenskap God se rykste seën toe! Totsiens, Ermelo, Ermeloërs en al die bekendes in die omliggende dorpe."



To read the rest of the article, please open it with the iNews app. You can download the app here:

Privacy Policy | PAIA Manual

Copyright @ 2020 GenLeads