Dwelms 'n ander woord vir Hel
Piet Retief, Deidre Kuit
10 August
Gedurende haar skooljare was die sosiale druk baie intens onder die jongmense en het sy maar soos baie ander jong kinders substanse begin beproef om sosiaal in te pas by haar portuurgroep. Op die ouderdom van 14 het sy vir die eerste keer dagga gebruik. Sy vertel dat die eerste keer eintlik glad nie ‘n aangename ervaring was nie, maar na ‘n paar keer se gebruik het dit begin lekker word. Van daar af het sy op ‘n meer permanente basis begin dagga gebruik. Soos haar liggaam gewoond geraak het aan die newe effekte van dagga, het sy later na substanse gesoek met ‘n meer intensiewe uitwerking en het sy op die ouderdom van 17 jaar vir die eerste keer kokaïen beproef. Sy vertel dat haar eerste ervaring met kokaïen ook nie vir haar ‘n aangename ervaring was nie, maar na die tweede probeerslag het sy die newe-effekte geniet en verslaaf geraak daaraan.
Volgens ons anonieme kuiergas het die dwelm misbruik soms tot 3 dae aanmekaar geduur. Dit het gewoonlik gepaard gegaan met alkohol-misbruik en het veroorsaak dat sy te min slaap. So het dit ook haar denke en psigologiese welstand begin beïnvloed. Haar fisiese gesondheid het daagliks al hoe meer begin agteruit gaan. Die afhanklikheid het veroorsaak dat sy verskeie besigheidsgeleenthede laat verbygaan en baie minder tyd aan haar studies bestee het. Dit het haar natuurlik in ‘n baie swak finansiële posisie geplaas en ook ‘n geweldige negateiwe impak op haar verhoudings met haar vriende en familie gehad. Sy vertel dat sy baie dinge verloor het en dat die substans afhanklikheid absolute verwoesting in haar lewe gesaai het.
Nadat sy haar laaste druppel van emosie, gedehidreer en depressief van soveel self verwyt gevoel het, het sy geweet dis tyd om te verander:
Vandag, 4 jaar later kan sy met trots sê dat sy hierdie stryd oorwin het en steeds vry van enige substans misbruik is. Sy is ook baie gelukkig oor die feit dat sy nooit vir rehabilitasie moes gaan nie en is dankbaar vir haar gesin se ondersteuning. Haar raad aan die jonger generasie is dat hulle nie in die versoeking gelei moet word nie en dat hulle nie hulle jare moet opgee vir ‘n lekker tyd of om te probeer inpas nie. Moenie ingee onder groepsdruk nie want onthou: “Daai eerste probeer slag kan jou lewe vir ewig beinvloed. Vriende en sosiale geleenthede is vermaaklik maar die Here het groter planne vir jou”
“Ek het my ouer broer verloor en dit het my meer na dwelm misbruik versoek om my emosies te onderdruk en ek vrees die toekoms vir my jonger broer” sê sy met trane in haar oë. “Al my emosies was onderdruk en nou dat ek skoon is van substanse voel ek meer met emosies wat om my aangaan en ek het tyd om werklik my verlede ten volle te verwerk”