GWK en De Meul Boerdery stig opvoedkundige sentrum vir plaaskinders
Kimberley, Charné van der Merwe 13 February
Minder as ʼn jaar nadat die laaste vroeë kinderontwikkeling (ECD)-sentrum deur GWK in samewerking met boerderye gevestig is, was daar op Dinsdag, 31 Januarie 2023, opwinding oor die derde sentrum van dié aard, Klouter-Bouters, wat by De Meul Boerdery, sowat 20km vanaf Prieska, amptelik bekend gestel is.
Die plaas Remhoogte is die tuiste vir dié splinternuwe sentrum, wat pasmaak is vir die klimaat en behoeftes van die area met deeglike voorbereiding en beplanning wat in elke element ingegaan het.