SAVF Mini-Hoëveld Fees, 'n jolige affêre
Ermelo, Jolandie Krog 20 March
Foto: Feesgangers van alle ouderdomme het die unieke uitstallers geniet.
Op Saterdag, 11 Maart het joligheid en die reuk van braaivleis in die lug oor die SAVF-huis vir bejaardes in Ermelo gehang, toe hulle hulle Mini-Hoƫveld Fees gehou het. Die reuk van boerewors, sosaties en melktert het feesgangers honger gemaak. Daar was verskeie stalletjies van tuisgemaakte gemmerbier, kerse, speletjies vir kinders, 'n teetuin en vele meer.