Nog ‘n Inbraak tref Gholfklubs
Ermelo, Kobus Koerant 29 October
29 Oktober 2024 - Inbrake en rooftogte by gholfklubs skep kommer oor nuwe misdaadtendens
Ermelo, Mpumalanga – Vroeër vanoggend, omstreeks 03:00, het ‘n inbraak by die Ermelo Gholfklub plaasgevind, waar kleingeld, volgens voorlopige inligting, gesteel is. Die volledige lys van items wat moontlik gesteel is of skade wat aangerig is, is egter nog nie finaal nie en kan moontlik toeneem soos die ondersoek vorder. Hierdie voorval kom kort nadat ‘n gewapende roof by Bethal Gholfklub die gemeenskap daar geskok het, wat vermoedens laat ontstaan dat gholfklubs in die streek moontlik geteiken word.