Die Piet-my-vrou: ‘n Fluitende Voorspeller van Reën
Ermelo, Conrad Bouwer 03 November
Vir die oudinwoners van Ermelo is die Piet-my-vrou nie net ‘n voël nie, maar ‘n fluitende orakel wat dikwels gepaard gaan met die belofte van reën. Hierdie voël, amptelik bekend as die Rooiborskoekoek, is bekend vir sy kenmerkende roep wat klink soos “Piet-my-vrou.” Maar wat maak hierdie roep so spesiaal, en hoekom het dit die reputasie dat dit reën aankondig?