Kom vier Gelofdedag in Kimberley
Kimberley, Monique Swart 15 December
Geloftedag is 'n openbare vakansiedag in Suid-Afrika wat jaarliks op 16 Desember gedenk word.
Hoewel dit nou amptelik Versoeningsdag heet, vier party Afrikaners dit steeds as Geloftedag.
Vanjaar sal dit op Maandag, 16 Desember by die Kruiskerk gevier word, om 09:00.
Oorgang na Versoeningsdag
In 1994 het die eerste ANC-regering die dag met Versoeningsdag vervang om versoening oor kultuur- en kleurgrense te bevorder.
Party Afrikaners vier egter steeds Geloftedag in die gees van die Gelofte.
Daarteenoor onthou ander die dag eerder as die dag waarop uMkhonto we Sizwe sy eerste aanvalle in 1961 uitgevoer het.