Article Image

iNews Standerton, Andrea Hipkin 17 September

Quantum Energy spring in en red die provinsiale pad vanaf die Meyerville brug tot op die Volksrust pad (R23). Quantum het reeds 244 m2 van die slaggate herstel. Die kostes beloop R470 p m2 , Lekwa Cleanup Crew behartig hierdie projek waar hulle gebruik maak van Pro-Phalt se dienste. Mnr De La Rey Tonkin versoek graag aan die gemeenskap, besighede en omliggende boere om deel te neem aan hierdie besonderse projek. Mnr Corne Claassen is Quantum Energy se teenwoordiger, kontak hom gerus indien u wil betrokke raak of meer inligting oor die projek wil uitvind. Die Pro-Phalt Infrarooi pad-herstel stelsel is ontwikkel as 'n alternatief vir ander pad herstel metodes, wat duur is en stof asook afval veroorsaak. Die infrarooi verwarmer lewer 'n hitte-verseƫlde- naatlose herstel om die oorspronklike integriteit van die pad te herstel, en slegs die minimum nuwe materiaal is nodig. Pro-Phalt gee ook twee jaar waarborg op werk wat deur hulle gedoen word. Corne Claassen 071 839 1164

To read the rest of the article, please open it with the iNews app. You can download the app here:

Privacy Policy | PAIA Manual

Copyright @ 2020 GenLeads